100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Saak teen vermeende stroping-sindikaat tot Julie uitgestel

Written by on May 26, 2023

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Mpumalanga sê hy is gereed om voort te gaan met die saak teen vier mense wat aangekla word van misdade verwant aan ‘n renosterstropingsindikaat.
Die woordvoerder van die NVG, Monica Nyuswa, sê die voorverhoor-konferensie is geskeduleer vir 17 Julie in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela.
Twee van die vermeende ringkoppe wat in September 2018 in verband met die saak aangekeer is, is intussen vermoor.
Hoofman Clyde Mnisi is vroeër vanjaar naby die KMI-lughawe doodgeskiet en Petros “Msengu” Mabuza in Hazyview in 2021.


×