100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Man vas weens olifanttande

Written by on December 1, 2022

‘n 39-jarige verdagte verskyn na verwagting vandag in die landdroshof in Calcutta vir die onwettige besit van ivoor.
Volgens die Mpumalanga Valke woordvoerder, kapt. Dineo Sekgotodi, het hulle reageer op inligting oor stropery en by die adres in Cork Trust naby Bosbokrand toegeslaan saam met die Witrivier honde-eenheid en Mpumalanga toerisme en parke-agentskap (MTPA).

Twee olifanttande is gekonfiskeer.
Intussen vra die polisie in Mpumalanga die publiek om na vore te kom met inligting oor twee moorde.
Dít na die liggame van twee mans gisteroggend op die perseel van die rioolwerke in Tonga deur sekuriteitswagte ontdek is.
Brig. Selvy Mohlala sê die slagoffers het sigbare beserings gehad. Daar word vermoed dat hulle elders aangerand is voor hul liggame gestort is.


×