100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Stroper moet 18 jaar sit weens twee renosterhorings

Written by on February 6, 2023

‘n Renosterstroper is Donderdag in Skukuza tot effektief 18 jaar tronkstraf gevonnis.
Santos Baloyi is in September in die Afsaal-area van die Krugerwildtuin vasgetrek.

Volgens polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, het veldwagters op patrollie ondersoek ingestel na hulle ‘n skoot gehoor het.
‘n Skietery het ontstaan met drie verdagtes.
Baloyi is gewond en aangekeer. Hy was in besit van twee vars renosterhorings.
Hy het skuldig gepleit op onder meer betreding van die wildtuin, besit van ‘n bedreigde spesie se liggaamsdele en stropery.
Een van sy twee medepligtiges is dood. Die ander een kon vlug.

Lees ook:
Renosterstroper moet 34 jaar sit
Renosterstroper moet 17 jaar sit


×