100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Renosterstroper moet 17 jaar sit

Written by on November 16, 2022

‘n Renosterstroper is tot effektief 17 jaar agter tralies gevonnis deur die Skukuza-hof.
Sylvester Zitha (40) is in Oktober 2019 in die Tshokwane deel van die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) aangekeer.
‘n Tweede verdagte, Richard Phiri, is voortvlugtig sedert hulle op borgtog vrygelaat is.


Zitha is skuldig bevind op ses aanklagte insluitende die stroop van ‘n renoster, sameswering om ‘n misdaad te pleeg, onwettige betreding van die park sowel as die besit van ‘n onwettige vuurwapen met ‘n knaldemper en ammunisie en ‘n byl.
Die woordvoerder van die NKW, Ike Phaahla, sê SANParke het die veldwagters, polisie en aanklaers bedank vir hul bydrae tot die vonnis.

Die waarnemende uitvoerende beampte van die wildtuin, dr. Danny Govender, sê hulle hoop dit stuur ‘n sterk boodskap dat stropery ‘n ernstige misdaad is en nie geduld sal word nie.

Foto ter illustrasie


×