100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Sonop gaan Bos met renosterwesies

Written by on July 19, 2023

Die wêreld se grootste renosterweeshuis sê hulle het oor die afgelope 12 jaar bewys die bedreigde renoster kan gered word.
Care for Wild in die Laeveld red nie slegs renosterkalfies wat wees gelaat is weens stroping nie, maar rehabiliteer oor renosters wat aanvalle oorleef én neem ander bedreigde dierspesies in, soos ietermagôs.
Stigter, Petronel Nieuwoudt, sê vir Sonop Ontbyt hul surrogaatprogram met renosters werp vrugte af en wys die renoster kan gered word.
Luister hier:

“Die sosiale bande tussen hulle is baie belangrik,” sê sy en voeg by dat dit opmerklik is dat, wanneer sleutelspesies beskerm word, dit die hele ekologie en biodiversiteit baat.
Sien ook: Sonop gaan Bos met bonsai


×