100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Afsnylaagtepunt bring (weer) ysige weer

Written by on July 19, 2023

‘n Afsnylaagtepunt bring Donderdag en Vrydag baie koue weerstoestande na die Hoëveld en platorand van Mpumalanga.
LUISTER DIE VOLLEDIGE BERIG

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) waarsku dat baie koue weerstoestande verwag word wat Donderdag na die Hoëveld en platorand van Mpumalanga sal versprei. Dit sal tot Vrydag voortduur.
‘n Afsnylaagtepunt sal na verwagting oor die suidelike binneland van die land ontwikkel en vandag sneeu na die Kaapse berge bring wat môre na die pieke van die Drakensberge in Lesotho en KwaZulu-Natal sal versprei.
Die weervoorspeller, Elizabeth Viljoen, sê saam met die koue kan bewolkte en reënerige toestande ook in verskeie provinsies, insluitende Mpumalanga, verwag word.
Die maksimum temperatuur kan onder 10°C wees op die Mpumalanga Hoëveld en platorand.
Die aanvoelbaarheidstemperatuur sal na verwagting minder wees weens die koue wind.
Sien ook: Sneeu bring vreugde, bibberweer


×