100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Sneeu bring vreugde, bibberweer

Written by on July 11, 2023

Bibberweer het die Laeveld getref met ‘n kouefront wat Sondagaand sy opwagting gemaak het en saam met hom sneeu gebring het.

Dit het gister in Mpumalanga en Gauteng gesneeu: Inwoners van o.m. Belfast, Dullstroom, Ermelo en Secunda kon dit ervaar, met die R37 Long Tom-pas buite Lydenburg wat gisteraand onbegaanbaar was.

Die pas is intussen weer oopgestel, maar die Mpumalanga departement van gemeenskapsveiligheid, sê hulle beskou die pad as onbegaanbaar weens die ysige padoppervlak.

*Foto’s: Lowveld Rainfall WhatsApp

Die woordvoerder, Moeti Mmusi, voeg by dat sigbaarheid steeds baie swak is.

Hy raai mense aan om die pad te vermy, maar as hulle dit móét gebruik, om uiters versigtig en stadig te bestuur en vertragings te verwag.

Sien ook: Kouefront bring reën, dalk sneeu

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sê die sneeu veroorsaak uiters koue toestande wat na verwagting tot die einde van die week sal duur.

Sneeu op die bergpieke is ook sigbaar vanaf Mbombela.


×