100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Video: Vierde renosterkalf by Care for Wild gebore

Written by on June 7, 2023

Die Care for Wild renoster-rehabilitasiesentrum buite Mbombela het op 30 Mei nog ‘n renosterkalf bygekry toe die wees-renoster, Sibeva, geboorte geskenk het.
Die reservaat spits hom daarop toe om die renosterbevolking te bewaar en te beskerm.
Hoewel hulle gereeld renosterwesies in ontvangs neem wat te jonk is om self, sonder hul gestroopte ma’s, in die natuur te oorleef, is vier wonderwerkbabas die afgelope 16 maande by die sentrum gebore.
Geskiedenis is op 13 Februarie 2022 gemaak met die geboorte van Blizzy, die eerste renosterkalf van wie beide ouers wees gelaat is deur stropers en wat natuurlik verwek en in die lewe gebring is.
Sien meer: Care for Wild renosterkalfie se geboorte maak geskiedenis
Minder as ‘n maand later het River, ‘n witrenoster wat deur Care for Wild gered en gerehabiliteer is, op 1 Maart geboorte geskenk aan haar eersteling.
Dié bulkalfie se pa is ook Storm, wat self as kleintjie gered is.
Lees hier: Tweede kalfie by Care for Wild verwelkom
Op 11 Augustus het Storm die derde keer pa geword.
Sien ook: Care for Wild verwelkom geboorte van derde renosterkalfie
“Sy het in ‘n oogwink verander van die brose, getraumatiseerde weeskind wat ons in 2016 gered het, in ‘n sterk en deernisvolle ma,” skryf stigter, Petronel Nieuwoudt, op Facebook oor Sibeva en haar witrenosterbulletjie.
Kyk die video

Die viering van die nuwe kalfie kom op ‘n tyd wanneer renosters na verwagting binne tien jaar uitgewis kan wees.
Vind hier meer uit oor Care for Wild.


×