100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Care for Wild verwelkom geboorte van derde renosterkalfie

Written by on August 12, 2022

Care for Wild het gister die geboorte van ‘n derde renosterkalfie aangekondig.
Sy ma, Olive, was die eerste renoster wat die rehabilitasieprogram voltooi het en by ‘n program ingesluit is om weer in die natuur vrygelaat te word.
Sy is sedert 2013 wees nadat stropers haar ma doodgemaak het. Sy was 10 maande oud.
Dis die derde kalf vir die nuweling se pa, Storm. Winter het op 13 Februarie aan ‘n koeikalfie, Blizzy, die lewe geskenk, en River het op 1 Maart die ma van ‘n bulletjie geword.
Blizzy was die eerste kalfie van wie beide ouers wees gelaat is deur stropers, en wat natuurlik verwek en in die lewe gebring is.


×