100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Negende verdagte vir transitoroof in hof

Written by on November 15, 2023

‘n Negende verdagte in ‘n transitoroof wat in Augustus naby Malalane uitgevoer is, verskyn vandag weer in die hof.
Volgens die Valke was Mphendulo Hassane (33) voortvlugtig tot hy Saterdag in KaNyamazane gearresteer is.

Mphendulo Absina Hassane negende verdagte transitoroof
Die operasie was in reaksie op inligting wat wetstoepassers ontvang het.
Die woordvoerder van die Valke, kapt. Dineo Sekgotodi, sê Hassane is deur sy vingerafdrukke met een van die wegkomvoertuie verbind.
Die voertuie is na die roof by ‘n huis in Schoemansdal gevind.
Luister hier:

Hassane het Maandag reeds sy eerste hofverskyning gemaak.
Sien ook: Ses van sewe vermeende transitorowers borg toegestaan


×