100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Borg vir 6/7 vermeende transitorowers

Written by on October 4, 2023

Na sowat 14 dae in die hof is borgtog gister toegestaan aan ses van sewe vermeende transitorowers wat glo betrokke was by ‘n aanval op ‘n gepantserde voertuig van Fidelity buite Malalane op 11 Augustus.

Die sewende, ‘n Tanzaniese burger, het sy borgaansoek in die Tonga-hof laat vaar.

Die hof het bevind dat daar buitengewone omstandighede is wat toelaat dat hulle vrygelaat word wen R5 000 aan elk toegestaan.

Onder die beskuldigdes tel drie beamptes van die voormalige Witrivier-blitspatrollie.

Collen Nonyane (44), Sunday Mashego (39) en Bhekinkosi Godi (39) word saam met Bhekifa Ngwenyama (30), Ali Ebrahim (24), Lawrence Lubisi (44) en Moosa Vilakazi (38) aangekla.

Die aanklagte sluit in poging tot moord; besit van plofstof, onwettige vuurwapens, ammunisie en gesteelde goedere; sowel as opsetlike saakbeskadiging en sameswering om ‘n misdaad te pleeg.

Die voorwaardes van hul borg sluit in dat hulle in die hof moet verskyn, nie met staatsgetuies inmeng nie, en elke Vrydag by ‘n polisiestasie aanmeld.

Die ondersoek duur voort en die span soek nog twee verdagtes wat met die misdaad verbind word.

Hulle is Zola Martin Minisi (29) en Mpendulo Absima Hassane (31).

Volgens die Valke word Mnisi ook gekoppel aan ‘n transitoroof en moord van ‘n Fidelity-wag in Kabokweni sowel as ‘n transitoroof en moord op’n G4S-wag in Witrivier.

Die saak is tot 6 Desember uitgestel vir verdere ondersoek wanneer hulle voor die Malelane Periodiekehof sal verskyn.

Luister ook:

Sewe vermeende transitorowers bly in aanhouding, 31 Augustus 10:37

Die borgaansoek van sewe vermeende transitorowers wat aangekla word in verband met ‘n gewapende roof op ‘n Fidelity-geldwa naby Malalane op 11 Augustus gaan vandag in die Tonga-hof voort.

Sewe vermeende transitorowers malalane

Onder die aangeklaagdes tel drie beamptes van die Witrivier-blitspatrollie.

Volgens berigte is dié eenheid intussen ontbind deur die provinsiale polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela.

Hulle bly in aanhouding.

Sewe vermeende transitorowers weer in hof, 28 Augustus 12:47

Sewe vermeende transitorowers wat aangekla word in verband met ‘n gewapende roof op ‘n Fidelity-geldwa naby Malalane op 11 Augustus verskyn vandag weer in die Tonga-hof.

Drie verdagtes, waaronder lede van die Witrivier-blitspatrollie, is op 17 Augustus naby Malalane aangekeer.

Sewe vermeende transitorowers malalane

Sers. Collen Suprian Nonyane (44) en sers Sunday Peace Mashego (39) is saam met Sibusiso Musa Vilakazi (38) in hegtenis geneem.

Luister hier: Blitspatrollie-lede aangekeer, een voortvlugtig

Sers. Bhekinkosi Stanley Goddi (39) het homself die volgende dag aan die polisie oorgegee.

Hulle sluit aan by drie verdagtes wat die dag na die voorval by ‘n huis van veiligheid in Tonga vasgetrek is.

Sien ook: Vermeende transitorowers bly in aanhouding

Mosa Bhekifa Ngwenyama (30), ‘n taxi-bestuurder; Ali Obi Ebrahim (24), ‘n Malawiese burger en die kassiere by ‘n spaza-winkel; en Mfanasibili Lawrence Lubisi (44), die eienaar van ‘n huis van veiligheid in Tonga, is op 12 Augustus aangekeer.

Die aanval het om ongeveer 07:30 op die R570 naby Lone Tree Hill plaasgevind. ‘n C-klas Mercedes wat Dinsdagaand naby Oakley gekaap is, is gebruik om die geldwa te stamp. Hy is op die toneel uitgebrand.
Die aanvallers het die wa oopgeblaas, en R8 000 in muntstukke gebuit. Hulle het in die rigting van Tonga gevlug en was in ‘n skietery betrokke met polisie.

Die twee wegkom-voertuie is teruggevind op die perseel waar die mans aangekeer is.

Transitorowers tonga malalane

Die mans word aangekla van gewapende roof, die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, oortreding van die wet op plofstowwe, poging to moord, sameswering om ‘n misdaad te pleeg en regsverydeling.

Volgens die Valke word nog arrestasies verwag.

Hulle is ook op soek na Zola Martin Mnisi (29) i.v.m. die roof. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kapt. Dineo Sekgotodi, is hy van Swalala Trust.

‘n Lasbrief vir sy inhegtenisname is deur die Nkomazi-landdroshof uitgereik. Kontak 071-481-2815 met enige inligting.


×