100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Blitspatrollie-lede aangekeer, een voortvlugtig

Written by on August 18, 2023

Twee blitspatrollie-lede van Witrivier is aangekeer en een word deur die polisie gesoek i.v.m. wapens en plofstof.
LUISTER DIE BERIG HIER

Volgens die Mpumalanga polisie was hulle gisteraand in ‘n polisievoertuig onderweg van Schoemansdal na KaNyamazane met wapens en plofstof toe ‘n opspringspan hulle probeer stop het by Kaalrug naby Malalane.
Hulle het weggejaag en ‘n sak vol wapens in ‘n suikerplantasie uitgegooi.

Die polisie moes die blitspatrollie-lede se voertuig se wiel skiet om die voertuig tot stilstand te dwing.
Volgens polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, is ‘n konstabel op die toneel aangekeer.
Die ander twee het te voet verder gevlug.
‘n Sersant is vanoggend gearresteer waar hy langs die pad weggekruip het.
Die derde verdagte word gesoek.
Die ses gewere wat teruggekry is sluit glo drie AK-47’s in. Daar was ook twee pistole en ‘n sak ploftoestelle.
Hulle sal Maandag in die hof in Malalane verskyn op aanklagte wat verband hou met die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie sowel as oortreding van die wet op plofstowwe.
Nog klagte kan bygevoeg word.
Sien ook: Vermeende transitorowers bly eers in aanhouding


×