100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Featured

Page: 280

Die Mpumalanga Parkeraad sal vandag om 16:00 al hul natuurreservate vir die publiek sluit. Dit volg op President Cyril Ramaphosa se aankondiging dat die land vanaf Vrydag vir 21 dae in ‘n staat van inperking sal wees. Mpumalanga het sover nege bevestigde COVID-19 gevalle. Die plaaslike reservate sluit in die toerisme-aanloklikhede op die Panorama-roete, ondermeer […]

Die 21 dae van nasionale inperking begin op 26 Maart om middernag. Nasionale inperking is ʼn noodtoestand waarin alle Suid-Afrikaners verplig word om tuis te bly. Daar is wel enkele spesifieke omstandighede waarvoor jy die huis mag verlaat. Kruidenierswinkels, apteke, banke en ander noodsaaklike ondernemings gaan oop bly in hierdie 21 dae. Alle ander ondernemings […]

Op Maandagaand 23 Maart 2020 het Pres. Cyril Ramaphosa 21 dae van algehele afsondering (lockdown) aangekondig. Hierdie drastiese stap is noodsaaklik om die verspreiding van die koronavirus (Covid-19) dringend te beperk. Die besluit is nie ligtelik geneem nie en volg ná ʼn vergadering met verskeie rolspelers om die sosio-ekonomiese trefslag van Covid-19 en die impak […]

Op Dinsdagoggend 24 Maart om 7:20 is een van G4S se geldwaens opgeblaas in ’n transitorooftog. Die voorval het op die hoek van Figtree-straat en Enos Mabuza-rylaan plaasgevind. Die rowers het skote afgevuur op motoriste wat probeer het om hulle van die geldwa af te keer. Geen een is in die voorval beseer nie. Albert […]

Innibos en die Covid -19 pandemie Die Innibos bestuur het vanoggend (Maandag 16 Maart 2020) vergader oor die Covid-19 virus pandemie en die effek daarvan op die fees. Op hierdie stadium is ons besluite en aksiestappe soos volg: Die feesbeplanning gaan op hierdie stadium voort en die feesdatums van 24 – 27 Junie bly onveranderd. […]

Geen persoon of organisasie mag vir die wedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks op 26 September 2020 by die Mbombela Stadion in Nelspruit tans kaartjies verkoop nie. Die waarskuwing deur die Hoof Uitvoerende Beampte van die Mpumalanga Rugby Unie, Pieter Burger, nadat dit aan die lig gekom het dat daar ‘fopnuus’ artikels die […]

Die Dis-Chem apteek by die Grove winkelsentrum in Nelspruit, het gisternag afgebrand. Dit is nog onseker wat die oorsaak van die brand was maar owerhede het bevestig dat hulle besig is met ‘n ondersoek. Brandbestryders kon daarin slaag om die vuur onder beheer te kry voor dit na die res van die sentrum kon versprei. […]