100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Besluit oor Innibos eers na Paasnaweek geneem

Written by on March 16, 2020

Innibos en die Covid -19 pandemie

Die Innibos bestuur het vanoggend (Maandag 16 Maart 2020) vergader oor die Covid-19 virus pandemie en die effek daarvan op die fees.

Op hierdie stadium is ons besluite en aksiestappe soos volg:

  1. Die feesbeplanning gaan op hierdie stadium voort en die feesdatums van 24 – 27 Junie bly onveranderd.
  2. Ons wag vir die finale detail-inligting van die Regering oor die stappe wat geneem word (wat na vandag se mediakonferensie bekend sal wees) om te sien hoe dit ons besluite beïnvloed. Ons vergader gedurende die week met die Innibos direksie om ons aksiestappe hierop te bespreek.
  3. Die fees sal aan die einde van die huidige moratorium op openbare geleenthede (tot en met die Paasnaweek) weer besluite hieroor neem na gelang van die Regering se verdere riglyne.
  4. Ons sal volgende week ‘n amptelike verklaring uitreik.

×