100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Transito Rooftog Nelspruit

Written by on March 24, 2020

Op Dinsdagoggend 24 Maart om 7:20 is een van G4S se geldwaens opgeblaas in ’n transitorooftog. Die voorval het op die hoek van Figtree-straat en Enos Mabuza-rylaan plaasgevind. Die rowers het skote afgevuur op motoriste wat probeer het om hulle van die geldwa af te keer. Geen een is in die voorval beseer nie. Albert Gryvenstein, operasionele bestuurder by Bossies Justice, sê dit is onseker hoeveel rowers betrokke was by die voorval maar skat die hoeveelheid tussen 8 en 12. Die rowers het in drie voertuie met die kontant weggekom. Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.


×