100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Featured

Page: 195

Om nog ‘n taal te leer, is die grootste geskenk wat jy jouself kan gee, sê Marie-Louise Botha van Bothabile African Language Institute. Om te illustreer dat dit moontlik is, het sy vir Mireille de Villiers ‘n les gegee in siSwati.

Die 2022-sensus het aangebreek. Die volkstelling skop op 3 Februarie af. Huishoudings het tot middernag Maandag, 31 Januarie, om te registreer. Robert Thenga van Statistieke Suid-Afrika in Mpumalanga verduidelik dat mense vooraf moet registreer en kan kies of hulle in persoon, telefonies of aanlyn die vraelys in wil vul. Dit verg nie selfoondata om te […]

Danika van Deventer, ‘n gr. 12-leerling van Curro Nelspruit, het haar Springbokkleure vir modelwerk verwerf, nadat sy by Stars of the Universe, Talent Africa se internationale kompetisie in Januarie, goud verwerf het in twee afdelings. Sy het vir Gerhardt vertel sy doen al modelwerk sedert sy kon loop, en koester groot drome om dit as […]

Hoe gemaak met al die gr. 12-leerlinge wat jaarliks matriek slaag met vrystelling om grade of diplomas op tersiêre vlak na te jaag, maar vir wie daar nie plek is in openbare instellings nie? Dit is een van die vrae wat prof. Stephen Khehla Ndlovu, adjunkhoof van strategie, risiko en adviesdienste by Unisa, ondersoek het […]

Jou Laeveld nuus die week: Die sensus skop volgende week af, Hazyview-man tot honderde jare agter tralies gevonnis en Polisiekar na 16 jaar weer terug by Blue Moon. Luister die hooftrekke hier.

Dit is amper weer tyd vir die legendariese Sabie Tube Race. Dit kon verlede jaar glad nie plaasvind nie, weens Covid-19-inperkingsreëls. Vanjaar kan dit, en 2 000 mense kan op 4 en 5 Februarie saam partytjie hou. Johannes Coetzee van Round Table Witrivier 64 wat dit reël, sê vanjaar se “resies” het spesiale beplanning en […]

‘n Opwindende projek het in die wêreldbekende Makhonjwa-berge buite Barberton begin om te bepaal hoe die aarde gevorm het, en of die alge wat daar te vinde is, die oudste bekende lewensvorm op aarde is. Geoloog Phumelele Mashele verduidelik wat die berge so spesiaal maak en wat dit die mens alles kan leer. Luister hier: […]

“Daar is absoluut geen rede hoekom mense nie ‘n derde of vierde taal kan leer nie. Jy is jou grootste vyand want jou brein sê vir jou, ‘Wat dink jy doen jy?’” Marie-Louise Botha van die Bothabile African Language Institute weet waarvan sy praat wanneer sy sê dit is een van die moeilikste dinge om […]

Die rekords het weer gespat by Hoërskool Nelspruit se interhuis atletiekbyeenkoms Donderdag, 20 Januarie. Elf interhuis-rekords is verbeter en drie Nellies-rekords. SA-kampioen Ashley Erasmus (o.17) het Shana Scott se vorige skyfwerp-rekord van 32,67 m na 47,17 m verbeter. Sy het volgens ASA se 2020-tabel die maksimum van 1 000 punte gekry vir die skyfwerp sowel […]

Die Nelspruitse navigator, Danie Stassen, is terug van die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië, waar hy en bestuurder Shameer Variawa vir span Toyota Gazoo algeheel 15de geëindig het. Dit was die eerste Dakar vir hierdie Laeveldse boorling, vir wie enigiets met wiele sedert sy kinderdae ‘n bekoring inhou. Stassen sê die hele ervaring laat hom voel asof […]