100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Sabie Tube Race maak welkome terugkeer

Written by on January 26, 2022

Dit is amper weer tyd vir die legendariese Sabie Tube Race. Dit kon verlede jaar glad nie plaasvind nie, weens Covid-19-inperkingsreëls. Vanjaar kan dit, en 2 000 mense kan op 4 en 5 Februarie
saam partytjie hou.
Johannes Coetzee van Round Table Witrivier 64 wat dit reël, sê vanjaar se “resies” het spesiale beplanning en voorbereiding geverg.

Die reën het verskeie gróót bome oor die river laat val – van hulle tot 2 meter in deursnee. Dit moes skoongemaak word, en daar moet tydens die naweek streng by Covid-19 protokolle gehou word.
Coetzee sê bewyse van jou inenting of negatiewe Covid-19-toetse is glad nie nodig nie, maar met jou aankoms moet jou temperatuur geneem word en mense moet 1,5 meter afstand hou by registrasie.
Hulle het ook seker gemaak daar is genoeg sekuriteit en nooddienste by die venue.
Hy verduidelik kortliks hoe die Sabie Tube Race sy oorsprong gehad het. Luister hier:

Alle opbrengste is ten bate van liefdadigheid. Dit vind plaas by Castle Rock oorkant Merry Pebbles.
Francois van Coke, Van Pletzen en Spoegwolf verskaf die vermaak.
Toegang beloop R450 vir die naweek met kampgeriewe ingesluit en R250 vir feesgangers wat nie by die venue kampeer nie.
Kaartjies is beskikbaar by Quicket en daar is min oor, waarsku Coetzee.
Dit sluit ook die ritte in na die begin van die Sabie Tube Race. Die roete is sowat 3 km lank, en neem sowat ‘n uur en ‘n half om te voltooi. “Afhangende van hoe vinnig die rivier vloei, en hy vloei tans nogal sterk,” sluit hy af.


×