100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

NHS-atlete oorgehaal vir puik seisoen

Written by on January 24, 2022

Die rekords het weer gespat by Hoërskool Nelspruit se interhuis atletiekbyeenkoms Donderdag, 20 Januarie. Elf interhuis-rekords is verbeter en drie Nellies-rekords.
SA-kampioen Ashley Erasmus (o.17) het Shana Scott se vorige skyfwerp-rekord van 32,67 m na 47,17 m verbeter.
Sy het volgens ASA se 2020-tabel die maksimum van 1 000 punte gekry vir die skyfwerp sowel as gewigstoot (17,71 m).
Shanese de Clerck (o.17) het twee van Zinhle Mbuyane se Nellies-rekords verbeter in verspring (5,72 m) en driesprong (11,69 m).
Atlete met meer as 800 punte, ‘n prestasie wat van nasionale gehalte beskou word, was Shanese met driesprong, verspring en hoogspring; Rhodé Nel (o.19) in die 100 m en 200 m; La-Alizia Venter (o.19) in gewigstoot; Vaughn van Zyl (o.15) in gewigstoot en skyfwerp; Zoë Cilliers (o.14) in die 100 m en Zané Nel (0.14) in gewigstoot en skyfwerp.
Die top-presteerders onder die dogters en seuns in elke ouderdomsgroep was Zané Potgieter en Marco Capazorio (o.19), Ashley Erasmus en André van Schalkwyk (o.17), Zané du Toit en Ian Wood (o.16), Kiara Craven en Vaughn van Zyl (o.15) asook Zoë Cilliers en Menzi Shiba (o.14).
In spanverband is die Atheners as die kampioene aangewys, gevolg deur die Trojane en Spartane. Die Trojane se dirigente was die beste op die dag, en die Spartane is met die gesogte sangtrofee bekroon.


×