100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

VSA-paartjie op pad na wildtuin beroof

Written by on September 13, 2023

‘n Verdagte het gister in die Kanyamazane-landdroshof verskyn na ‘n VSA-paartjie onderweg na die Krugerwildtuin verlede Donderdag ontvoer en beroof is.
LUISTER DIE BERIG

Volgens die Mpumalanga polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, was die man (47) en vrou (39) op die R536-pad in die Calcutta-omgewing toe hulle deur twee gewapende verdagtes in ‘n VW Golf met ‘n blou lig voorgekeer is.
Hulle is met ‘n vuurwapen aangehou en beroof en ‘n ent vanaf die toneel afgelaai.
Mdhluli sê waardevolle inligting is deur die FBI verskaf om van die gesteelde items op te spoor wat die polisie na die verdagte by ‘n huis in Kanyamazane gelei het. Dit sluit in onder meer ‘n skootrekenaar, twee iPads, ‘n iPhone-polshorlosie en verkykers.

Volgens Mdhluli was die beskuldigde ook in besit van ‘n Golf met vals nommerplate en ‘n blou lig.
Die 36-jarige man word aangekla vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.

“Weens die sensitiwiteit van die ondersoek kan sy naam nie in hierdie stadium bekendgemaak word nie,” sê Mdhluli.
Die saak is uitgestel tot 19 September.
Die ondersoek duur voort na die roof van die VSA-paartjie.
Sien ook: Nog fondse bewillig vir sekuriteit op Numbi-pad


×