100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Luister: Opskudding in munisipaliteite op hande?

Written by on September 13, 2023

“Daar gaan ‘n redelike opskudding kom in die spasie van munisipaliteite. Ons het gehoor dat die minister konsultante aangestel het om te kyk na die beleidsveranderinge wat ons voorgestel het.
So sê Linda Grimbeek van die Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT).
“Ons sal dinge verander. Dit moet.”
Daar is ook planne om Graskop die middagete-sentrum vir toerisme in die Laeveld te maak, gegewe die skaal van ontwikkeling wat onderweg is in die area.
Onder andere is die God’s Window Skywalk tans onder konstruksie.
Sien meer: Konstruksie skop af aan God’s Window Skywalk
“Die Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap (MTPA) hou van ons plan om Graskop die middagete bestemming vir die area te maak,” sê sy.
“Kom ons maak Afrika-kos ‘n bietjie funky.”
Die sakekamer het ook hande geneem met die Public-Private Growth Initiative (PPGI) om die stilstaande ontwikkeling van die Makhonjwa Erfenisgebied in Barberton weer op dreef te kry.
Sien ook: Makhonjwa moet saam bestuur word sê private grondeienaars
“Ons gaan dit nou ons grootste prioriteit maak.”
Luister weer hier na Laeveld Ervaring en die moontlike opskudding in munisipaliteite:


×