100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Makhonjwa móét saam bestuur word, sê private grondeienaars

Written by on September 23, 2021

Die private grondeienaars wat 74% van die Makhonjwa-Wêrelderfenisgebied besit, wil nie onttrek nie, maar dit lyk onafwendbaar omdat daar nie by jarelange ooreenkomste oor die area se bestuur gehou word nie.
Só sê Nico Oosthuizen, een van die eienaars se verkose verteenwoordigers.
Die Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap (MTPA) is onlangs as die bestuurders van die gebied aangekondig deur die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Vusi Mkhatshwa.
Dít druis direk in teen die ooreenkomste wat deur die regering aanvaar is omdat dit ‘n voorvereiste was vir hul samewerking.
Die MTPA se plan is om ‘n advieskomitee aan te stel.
Lees weer die onderhoud met die MTPA se Johannes Nobunga hier: Makhonjwa sal saam met ‘n advieskomitee bestuur word
Volgens die aanvaarde bestuursplanne is drie advieskomitees nodig: ‘n wetenskaplike een, een vir regeringsdepartemente en een vir die grondeienaars.
Oosthuizen verduidelik dat, hoewel die MTPA reeds dele daarvan bestuur, 74% van die grond geregistreerde titels is wat nie in die regering se besit is nie. Die regering verontagsaam hul ooreenkomste en sê in wese vir private eienaars wat op hul grond gaan gebeur.
Die ander groot kwessie is dat die bestuur van die Wêrelderfenisgebied net gedeeltelik oor bewaring gaan.
“Die MTPA het nie die kapasiteit of die mandaat om ekonomiese ontwikkeling te dryf nie,” sê hy.
“Bewaring is die maklike deel. Die moeilike deel is om dit tot voordeel van almal aan te wend. Dit is die area se grootste geleentheid vir die hele area se ekonomiese ontwikkeling sedert die goud stormloop.”
Hulle hoop tog om dit nog te kan red, sê Oosthuisen vir Ludi. Luister weer hier na die gesprek.


×