100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Sonop gaan Bos met indringerplante

Written by on September 13, 2023

Om indringerplante in die Krugerwildtuin te probeer beheer is nie soos om bossies op jou grasperk uit te roei nie.
André Bestbier van die SANParke Ereveldwagters fasiliteer werksessies teen die indringerplante.
Die suur turksvy, parthenium en lantana bied hulle tans groot hoofbrekens.
Van groot kommer is ook Kudzu, wat rondom die wildtuin bespeur is.
Hierdie plant wat teen 26 cm per dag kan groei, en ander bome versmoor, moet te alle koste homself nie tot in die park versprei nie.
“Mense moet verstaan wat indringerplante aan ons grond en biodiversiteit doen,” sê Bestbier vir Sonop Ontbyt.
Luister weer hier:

Sien ook: Sonop gaan Bos met inheemse plante


×