100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nog fondse vir sekuriteit op Numbi-pad

Written by on June 23, 2023

‘n Addisionele R5 miljoen is vanuit die private sektor bewillig om die Numbi-pad na die Krugerwildtuin verder te beveilig.
Die nuwe president van die Kruger-Laeveld kamer vir sake en toerisme (KLCBT), prof. David Mabunda, het Dinsdagaand tydens sy inhuldiging aangekondig hoe hierdie ektra fondse aangewend sal word.
Luister hier:

Die R538 het veral verlede jaar bekendheid verwerf weens die aanvalle op besoekers aan die wildtuin.
Dit is op die spits gedryf deur die skietdood van ‘n Duitse toeris.
Sien ook: Massiewe addisionele sekuriteit word op Numbi-pad aangebring
Mabunda sê toeriste se veiligheid is van uiterste belang en dat die gemeenskap ook daardeur beveilig word.
Maatreëls wat reeds ingestel is sluit in bemande kameras en private reaksie-eenhede wat die pad patrolleer en ondersteun word deur die jongste tegnologie.
Met die addisionele befondsing kan addisionele voertuie sowel as hommeltuie ingespan word.


×