100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

‘Massiewe’ addisionele sekuriteit vir Numbi-pad

Written by on October 11, 2022

“Massiewe” addisionele sekuriteitsmaatreëls word op die berugte Numbi-pad na die Krugerwildtuin geïmplementeer, sedert die moord verlede Maandag op ‘n Duitse toeris.
Die R538 het die afgelope maande veral bekendheid verwerf weens die aanvalle op besoekers aan die wildtuin.
Linda Grimbeek, operasionele hoof van die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT), sê private patrollies sowel as ‘n kamera is sedert April geïnstalleer.
Lees meer: Voltydse patrollies tree in werking op die Numbi-pad
“Daar was sedertien geen voorvalle nie – tot die aaklige moord van Jörg Schnarr verlede week,” sê sy. “Dit was ‘n week van skok vir almal in ons bedryf.”
Die KLCBT het ‘n beloning van R50 000 uitgeloof vir inligting wat die verdagtes sal help vastrek.
Lees meer: Beloning uitgeloof vir inligting na vermeende kapers toeris doodskiet
“Dit is wyd versprei onder gemeenskappe, tradisionele genesers en taxi-verenigings, en genereer verseker wenke.”
Verdere maatreëls word binne die volgende twee weke beplan. Dit sluit in bemande kameras en reaksie-eenhede wat ondersteun word deur die jongste tegnologie. Dié hardeware is reeds bestel dit inisiatief sal ‘n beraamde addisionele R1 miljoen kos.
“Ons gaan ook fokus op toerisme-aktiwiteite in woongebiede rondom die Krugerwildtuin om te verseker gemeenskappe trek voordeel uit toerisme sowel as om die hoë werkloosheidskoers in die area te help verlaag,” sê Grimbeek.
Enigiemand wat belangstel om daarmee te help, is genooi om die KLCBT te kontak. Hierdie onderhoud is op 12 Oktober met haar gevoer. Luister weer:


×