100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vrou heraangekla van moord op Hetta Potgieter

Written by on July 21, 2022

Die 51-jarige vrou wat in 2018 aangekeer is in verband met die moord op Hetta Potgieter (85) in Macadamia-ouetehuis in Mbombela, word weer aangekla van haar moord sowel as roof met verswarende omstandighede.
Shaun Oosthuizen (42), John du Plooy (32) en Maryna Lin Mam (Vorster) is in 2018 in Munsieville buite Krugersdorp aangekeer vir die moord op Potgieter op 8 Julie 2018.
Die klagte teen Lin Mam en Du Plooy is in 2021 teruggetrek. Oosthuizen het skuldig gepleit en is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord sowel as 15 jaar vir die roof, in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela.
Lees meer: Hetta Potgieter se moordenaar kry lewenslank
Oosthuizen dien tans nog drie ander lewenslange vonnisse uit vir moorde op bejaarde vroue: Engela van Wyk (86) in Springs en Barbara Fenton (74) in Alberton in 2018 sowel as die van Ema Gossen in Sunnyside in 2015 en Lillas Merry (77) in 2018 in Roodepoort. In totaal moet hy 80 jaar sit vir roof met verswarende omstandighede.
Lees meer: Reeksmoordenaar ook in Pretoria gevonnis
Du Plooy is saam met Oosthuizen gevonnis vir die moorde op Van Wyk en Fenton en is in Julie aangekla van die moord en roof met verswarende omstandighede op Merry.
Lees meer: Du Plooy aangekla van nog ‘n moord

Volgens die woordvoerder van die Valke, kapt. Dineo Sekgotodi, het nuwe bewyse teen Lin Mam intussen aan die lig gekom. Sal sy op 12 Augustus in die hof verskyn.


×