Reeksmoordenaar Shaun Oosthuizen ook in Pretoria gevonnis
Written by Mireille on May 17, 2022
Die reeksmoordenaar, Shaun Oosthuizen (42), is gister in die Pretoria-streekshof ‘n vierde lewenslange vonnis opgelê vir die moord op bejaarde vroue.
Hy het reeds drie lewenslange vonnise begin uitdien vir die moorde op Hetta Potgieter in Nelspruit, Engela van Wyk in Springs en Barbara Fenton in Alberton in 2018.
Volgens die Valke se kapt. Dineo Sekgotodi het hy later teenoor ondersoekers gebieg oor die moorde op Ema Gossen in Sunnyside in 2015 en Lillas Merry in Roodepoort.
Hy is daarvoor gister nog ‘n lewenslange vonnis opgelê.
In totaal moet hy ook 80 jaar sit vir roof met verswarende omstandighede.