100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Hetta Potgieter se moordenaar kry lewenslank

Written by on August 5, 2021

Shaun Oosthuizen is vanoggend tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord in 2018 op Hetta Potgieter in die Macadamia-sorgsentrum in Mbombela.
Hy het gister in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela skuldig gepleit op klagte van moord en roof. Hy is tot 15 jaar gevonnis vir die roof.
Potgieter is in Julie 2018 in haar wooneenheid in die sorgsentrum verwurg.
Oosthuizen is kort daarna saam met Johnny du Plooy en Maryna Vorster in Munsieville naby Krugersdorp aangekeer.
Hulle is op borgtog uitgelaat. Oosthuizen en Du Plooy is daarna aan nog twee moorde, wat op soortgelyke wyse in Gauteng gepleeg is, gekoppel.
Engela van Wyk is in Junie 2018, voor Potgieter, in Springs vermoor, en Barbara Fenton in Alberton in September dieselfde jaar, na hul vrylating op borg.
Beide mans is intussen skuldig bevind en tot lewenslank gevonnis vir dié moorde.
Volgens Albert Gryvenstein van Bossies Community Justice, wat van meet af by die ondersoek na Potgieter se moord betrokke was, was daar oorweldigende getuienis teen Oosthuizen.
Die klagte teen Du Plooy en Vorster is teruggetrek.

*Foto: verskaf


×