100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Voortvlugtende vas vir stropery

Written by on January 17, 2022

‘n Vermeende renosterstroper is Vrydag aangekeer by die hof, na hy sy borgvoorwaardes verbreek het.
Die Valke het Rogerio Domingos Moiane gearresteer tydens sy hofverskyning vir die besit van renosterhoring in Delmas.
Volgens kapt. Dineo Sekgotodi is Moiane aanvanklik in Maart 2016 in Kaapmuiden vasgetrek in besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen, ammunisie en knaldemper.
Nadat hy op borg vrygelaat is, het hy versuim om vir sy volgende hofverskynings op te daag en ‘n lasbrief is vir sy arrestasie uitgereik.
In Oktober is hy weer in Delmas aangekeer in besit van renosterhorings.

Moiane sal na verwagting vandag in die hof verskyn op die Kaapmuiden-klagte. Die Delmas-saak is tot 24 Februarie uitgestel.
Die polisie kon ook daarin slaag om ‘n burger van Pakistan van ‘n ontvoerder te red.
Die sakeman van Schoemansdal se identiteit is aan hulle bekend, hoewel hy verlede week suksesvol van hulle weg kon vlug.
Volgens brig. Selvy Mohlala is twee burgers van Pakistan Suid-Afrika binne gesmokkel via Malawi en Mosambiek. Met hul aankoms is hulle deur die verdagte gevangene gehou.
Die een se familie het ‘n losprys betaal vir sy vrylating, terwyl die ander s’n die saak by die polisie in Johannesburg aangegee het terwyl hulle met onderhandelinge besig was.

Donderdag is die verdagte naby Valencia in Mbombela opgemerk en na ‘n hoëspoed jaagtog kon hy vlug. Sy voertuig is later in die parkeerterrein met behulp van ‘n nasporingsmaatskappy in die parkeerterrein by i’langa Mall opgespoor.
By die huis waar die slagoffers aangehou is, is nog ‘n onwettige immigrant van Pakistan wat as hul oppasser uitgewys is, aangekeer.


×