100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Plaaslike privaatskole behaal 100%-slaagsyfer

Written by on January 19, 2022

Die klas van 2021 het ‘n gemiddelde 98,39% slaagsyfer behaal in die Onafhanklike Matrikulasieraad (IEB) se eksamen – effens hoër as verlede jaar se 98,06%.
Ter plaatse het beide Uplands, Penryn en Curro Nelspruit 100% aangeteken.
‘n Totaal van 95% van Uplands College se matrikulante het universiteitsvrystelling, 94,4% van Penryn en 93,47% van Curro.

Luke Smythe was Uplands se toppresteerder met agt onderskeidings. Hy tel ook onder die top 1% van nasionale presteerders in die IEB-uitslae in lewenswetenskappe, fisiese wetenskappe en lewensoriëntering.
‘n Derde van die hele Uplands-groep kon drie of meer onderskeidings verwerf. Hannah Guthrie, Metja Mosehla, Jordan Mitchell en Amani Omar het elk sewe A’s behaal met Beulah Alberts en Carla Neto wat elkeen ses gekry het, en Elouné Prinsloo en Kiara Wales met vyf.
Penryn College se dux-leerder, Crystal Kellar, asook Caitlyn Comins het beide ses onderskeidings behaal. Caitlyn tel ook onder die IEB se top 1% vir rekenaartoepassingstegnologie (RTT).

Riley Bach, Jenna Lawton en Kristen Williams het elkeen vyf onderskeidings.
Curro Nelspruit se Mateo Komlosy was die skool se toppresteerder met sewe onderskeidings en ‘n gemiddeld van 90,71%. Coenrad Lamprecht het ook sewe onderskeidings en Rose van Eeden, Marlouise Mengel en Hugo Endemann ses elk.
‘n Totaal van 12 leerlinge het A-simbool gemiddelde en die groep se graadgemiddeld is 70,05%.

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, sal môre die staatskole se nasionale en provinsiale uitslae aankondig.
Leerlinge sal Vrydag hul eie uitslae ontvang, en Mpumalanga s’n word dieselfde dag amptelik by die Universiteit van Mpumalanga in Mbombela bekendgemaak.


×