100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Pumas opgewonde om toeskouers terug te verwelkom

Written by on January 14, 2022

Groot opgewondenheid heers dat rugby-aanhangers vanaand weer Mbombela-stadion mag betree, wanneer die Pumas hul Curriebeker-seisoen teen die Vodacom Bulls afskop by Mbombela-stadion.
Afrigter, Jimmy Stonehouse, sê hul mikpunt is om vanjaar die halfeindrondte van die reeks te haal, iets wat hulle verlede siesoen met ‘n punt gemis het.
Dit is net ‘n week voor die grootste vier unies met die United Rugby Championship (URC) begin, en die verdedigende kampioene se URC-span sal uitdraf.
Stonehouse sê die Pumas is egter op ‘n goeie plek, en kon al telkemale in die verlede veel sterker spanne klop.
“Alles is moontlik,” sê hy. “Dit is belangrik om punte uit elke wedstryd te kry.”
Die span sien báie daarna uit om weer voor toeskouers te kan speel.

Hoewel die URC-kompetisie oorvleuel met die Curriebeker, word kleiner unies nie noodwendig bevoordeel nie, omdat van die topspelers steeds aan die Curriebeker sal deelneem, verduidelik hy.
Wedstryde mag wel nie dieselfde dag gespeel word nie, en daarom sal verskeie wedstryde op Woensdae gespeel word. Daar sal vir etlike weke aaneen ook geen Curriebeker gespeel word nie, terwyl die URC voortgaan.
Die Pumas het vanjaar nie ‘n naamborg nie. Hulle is stabiel, maar finansiële probleme hou nooit op nie: Net ‘n beseerde speler kan die appelkar omgooi omdat hy ‘n salaris moet trek voor versekering in werking tree en iemand nuut bes moontlik gekontrakteer moet word.
“Hoekom verloor jy spelers?” vra Stonehouse. “Hulle soek internasionale blootstelling, die salarisverskil meet ‘n groot unie is massief en ‘n speler het ‘n raklewe.”
Om meer kompeterend te word, is plaaslike ondersteuning baie nodig.
Persoonlik het hy onlangs ‘n geleentheid om weer oorsee te gaan afrig van die hand gewys. “Ek is aan die ouer kant, ons het ‘n restaurant in Pretoria, waar ek soms ook ‘n bietjie sing. Ek geniet dit.
“Die Pumas? “Ek gaan nie hier ophou tot ons nie in ‘n Curriebeker halfeind- of eindstryd is nie.”
*Die afskop vanaand is om 19:00. Kaartjies is beskikbaar by Mbombela-stadion se kaartjiekantoor teen R80 vir volwassenes en R20 per kind.


×