100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vier medaljes vir Mpumalanga by Laser Run SA’s

Written by on June 27, 2023

Na afloop van die Laser Run SA’s wat Saterdag by Mankele in die Laeveld aangebied is, is Logan van der Westhuizen en George Neuhoff (beide o.11) op pad na die wêreldkampioenskap.
Die Mpumalanga-span kon ook vier medaljes wen.
Giann Wessels (o.15) spog met goud, Schalk Loock (o.13) en Chantal Middel (+40) het elk ‘n silwer en George brons.
“Wat lekker is, is dat dit die eerste jaar is wat George en Shalk deelneem, so dit is fenomenaal dat hulle teen die groter provinsies kan meeding,” sê Johan Matthysen van Mpumalanga Moderne Vyfkamp oor die Laser Run SA’s.
Hulle gesels met Ludi en Mireille.
Luister hier:

Die wêreldkampioenskap vind in Augustus in Bath plaas.
Sien ook: Laevelders verower Laser Run-medaljes in Lisabon


×