100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Laevelders verower Laser Run-medaljes in Lisabon

Written by on October 14, 2022

Drie Laevelders het aan die einde van September medaljes gewen in moderne vyfkamp by die wêreldbyeenkoms vir Laser Run wat in Lisabon, Portugal aangebied is.
Janke Steenkamp, ‘n leerder aan Laerskool Witrivier, het vierde geëindig in die individuele wedloop vir dogters o.13. Sy het ‘n bronsmedalje gewen in die gemengde aflos.

Die Laerskool Nelspruit-leerling Julian Middel het silwer gewen in spanverband vir seuns o.13 en Reuben Matthysen (o.11) het silwer saam met sy span, asook in die gemengde aflos, ingepalm.
Hulle het met Ludi en Mireille gesels oor die ervaring. Luister weer hier.


×