100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Hoë verwagtinge vir bekroonde ‘Kamphoer’

Written by on June 26, 2023

Sal jy wraak neem as jy die kans gegun word, of eerder vergewe?
Dit is een van die temas wat in Kamphoer – die verhaal van Susan Nell aangeroer word met Sandra Prinsloo in die titelrol.
Feesvlinder, Sanett Oosthuizen, sê sy het baie hoë verwagtinge.
Luister hier:

Dié kragtige drama het talle toekennings ingeryg en is bekroon met ʼn kykNET Fiësta-toekenning en ʼn Naledi-prys vir die beste spel in ʼn solovertoning.
Na vyfster-resensies was Kamphoer ook die topverkoper by verskeie feeste.
Sien ook: Lila Swift se loopbaan vat vlam met ‘Gapjaar’
Innibos vind vanaf 29 Junie tot 1 Julie in Mbombela plaas.
Kliek hier vir die volledige program en skakels na kaartjieverkope.
Die Innibos-kantoor is op die hoek van De Villiers- en Anneckestraat by Sonpark-sentrum in Mbombela geleë.
Foto: Jesse Kramer


×