100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Verdagte aangekeer na aanval op plaas buite Barberton

Written by on October 21, 2022

‘n Verdagte is aangekeer na ‘n egpaar Dinsdag tydens ‘n aanval op hul plaas buite Barberton beroof is.
Netwerk24 berig dat Pieter Sofianos (58) deur vier mans, gewapen met pangas, oorval is en in die veld vasgebind en aangerand is.
Polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, sê hy was besig om vee te voer toe hy oorval is.
Hulle het geld geëis. Hy het sy vrou, Marietjie, gevra om al die kontant in die huis te bring. Die mans het haar ook vasgebind toe sy dit oorhandig.
Drie van die aanvallers is toe na die huis toe, waar hulle onder meer twee vuurwapens gesteel het.
Een verdagte, Mfundo Justice Shongwe, is kort daarna aangekeer en die vuurwapens teruggekry, hoewel die ander drie kon vlug.


×