100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Twee renosterhorings in enjinkap versteek

Written by on October 21, 2022

‘n 42-jarige man verskyn vandag in die Middelburg-landdroshof op klagte van die besit van renosterhoring.
Volgens die polisie is hy vroeg gisteroggend tydens ‘n patrollie deur die honde-eenheid by die Middelburg-tolhek op die N4 vasgetrek.
Polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, sê die twee horings ter waarde van sowat R2 miljoen was in swart plastieksakke in die enjinkap van sy Toyota Quantum-minibus versteek.
Die moontlikheid is nie uitgesluit dat addisionele klagte bygevoeg kan word nie.


×