100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Petisie teen veghonde: Wat sê die kenners?

Written by on October 21, 2022

Na ‘n 10-jarige seuntjie in September deur sy gesin se eie veghonde (pitbull) doodgebyt is, is ‘n petisie begin om die eienaarskap van die honderas in Suid-Afrika te verbied. (Finland, Denemarke, Brittanje en dele van Duitsland en China verbied of beperk die eienaarskap en invoer van veghonde reeds).
Die petisie het teen druktyd meer as 35 000 handtekeninge gehad. Dit word ook deur die NDBV gesteun.
Ludi en Mireille het by kenners gaan aanklop om te bepaal of hul reputasie dalk onverdiend is.
Taryn Blyth is ‘n kenner op die gebied van dieregedrag en lei honde ook op.
Sy waarsku dat veghonde geneties geteel is om aggressief te wees en dat die aard van hul aggressie nie verdedigend  is nie, maar eerder roofsugtig.

Albertus Coetzee van West Acres-dierehospitaal in Mbombela sê aanvalle deur veghonde, veral op ander diere, is meer algemeen as wat die meeste mense besef.

Laura McIntyre is ‘n veearts en kenner van dieregedrag. ‘n Hond kan nie instink verleer nie, waarsku sy.


×