100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Valk vas wat glo geld kry by stropingsindikaat

Written by on June 5, 2024

‘n Sersant verbonde aan die Valke in Mpumalanga het gister in die Nelspruit-streekshof verskyn op aanklagte van korrupsie, bedrog en regsverydeling.

Kgaugelo Aubrey Mogale (47), ‘n lid van die ondersoekspan na Projek “Blood Orange”’, het na bewering R6 000 in betalings ontvang van een van die verdagtes in die ondersoek wat verband hou met betalings wat ‘n renoster-stroping-sindikaat aan veldwagters in die Krugerwildtuin sou gemaak het, in ruil vir inligting.

Lees meer: Nog arrestasies in Operasie ‘Blood Orange’

Die betalings is tydens ‘n ondersoek deur ‘n ouditeursfirma aan die lig gebring.

Die woordvoerder van die Valke in die provinsie, kapt. Dineo Sekgotodi, sê dit is sleg dat dit iemand uit hul eie geledere is.

Mogale is borgtog van R1 000 toegestaan.

Die saak is uitgestel tot 27 Junie.

 


×