100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Sesjarige seuntjie in Pienaar vermis

Written by on June 5, 2024

Die polisie in Mpumalanga is op soek na ‘n sesjarige seuntjie wat Maandag in Pienaar vermis geraak het.

Junior Mabandla het om ongeveer 15:00 sy ouerhuis verlaat en is na ‘n nabygeleë winkel toe.

Hy het ‘n blou trui en swart broek aangehad.

Gemeenskapslede het saam met die polisie die area deursoek, maar Junior is nog nie weer gesien nie.

Enigiemand met inligting is gevra om luit. kol. Tinyiko Mnisi te kontak by 082-079-2237.

Sien ook: Elvis Blue kom Innibos toe – per fiets


×