100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Brandstofpryse daal met meer as R1 per liter

Written by on June 4, 2024

LUISTER DIE BERIG HIER

Suid-Afrikaanse motoriste gaan om middernag ‘n skerp daling in brandstofpryse ervaar.

Die minister van Minerale Bronne en Energie, Gwede Mantashe, het die aanpassings aangekondig, gegrond op huidige plaaslike en internasionale faktore.

Albei grade petrol daal met R1.24 per liter, en diesel met R1.09 en R1.19 per liter.

Groothandel-lampolie word 80s per liter goedkoper en andersins met R1.07.

Vloeibare gas se prys daal met R1.50 per kilogram.

Die maandelikse aanpassing word toegeskryf aan internasionale oliepryse en die invoerkoste van olie.

Oliepryse het die afgelope maand heelwat gedaal, en was teen druktyd $77.15.

Die Rand het ook teen die dollar versterk. Dit staan tans op R18.65.

Sien ook: SACBW werkswinkel baat jeugdiges op alle gebiede


×