100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nog arrestasies in Operasie ‘Blood Orange’

Written by on February 7, 2023

Nog verdagtes is aangekeer vir hul beweerde betrokkenheid by ‘n renosterstropingsindikaat as deel van die Valke se Operasie “Blood Orange”.
Twee voormalige veldwagters van die Krugerwildtuin, Chikwa Maluleke en Solly Ubisi, is na bewering betaal vir taktiese inligting om renosterstropingsindikate mee te help.
Betaling is glo in van hul familielede se bankrekeninge betaal.
Lees meer: Familielede van veldwagters wat glo saam met sindikate werk verskyn in die hof
Nkateko Maluleke (24) was volgens die Valke nie teenwoordig toe van sy familielede is Desember aangekeer is nie en hy is verlede week eers aangekeer.
Hy het in die Bosbokrand-hof verskyn en is borg van R5 000 toegestaan.
Hy verskyn op 15 Februarie weer saam met sy medebeskuldigdes op aanklagte van geldwassery.
Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kapt. Dineo Sekgotodi:

‘n 47-jarige man het ook vandag in KaBokweni verskyn op aanklagte van handel in renosterhoring as deel van die operasie.

Dit volg na DNS van renosterhorings wat tydens ‘n deursoekoperasie by ‘n huis in Johannesburg bekom is, hom met die toneel verbind het.
Sien ook: Verdagtes wat glo betaal vir taktiese inligting oor renosters handig hulself oor
Hy is na bewering deel van die stropingsindikaat.
‘n Lasbrief vir sy inhegtenisname is uitgereik en hy het homself aan die owerhede oorhandig.
Francis Kipampa bly in aanhouding tot 14 Februarie wanneer hy vir borg aansoek sal doen.


×