100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Opdatering: Besluit oor borg vir ‘Blood Orange’ verdagte môre verwag

Written by on December 20, 2022

Die borgaansoek van ‘n man wat daarvan aangekla word dat hy Krugerwildtuin-veldwagters en hul familielede betaal het vir taktiese inligting om renosterstropingsindikate mee te help, het gister in die Bosbokrand-hof begin.

Martin Prince Lekhuleni is saam met Eunice Lekhuleni gearresteer as deel van operasie “Blood Orange”.

Sy is reeds borgtog van R5 000 toegestaan. Die aansoek van Martin Lekhuleni is tot môre uitgestel vir uitspraak.

=============

16 Desember, 12:42: Verdagtes wat glo betaal vir taktiese inligting oor renosters handig hulself oor

Twee verdagtes wat na bewering voormalige Krugerwildtuin veldwagters en hul familielede betaal het vir taktiese inligting om renosterstropingsindikate mee te help, het hulself eergister aan die owerhede oorhandig.

Martin Prince Lekhuleni (37) en Eunice Lekhuleni (24) was voortvlugtig na nege familielede van die voormalige veldwagters Chikwa Maluleke en Solly Ubisi op 2 Desember tydens operasie “Blood Orange” aangekeer is.

Lees meer: Familielede van veldwagters wat glo saam met sindikate werk verskyn in die hof

Volgens kapt. Dineo Sekgotodi het die Lekhuleni’s dieselfde dag in die Bosbokrand verskyn op aanklagte van geldwassery.

Eunice is borgtog van R5 000 toegestaan. Martin bly in aanhouding tot Maandag wanneer hy vir borg aansoek sal doen.

Enigiemand met verdere inligting is gevra om kol. Danie Hall te kontak by 071-481-3281.


×