rooftog

‘n Gewapende rooftog het Sondag by die White River Square-winkelsentrum plaasgevind. ‘n Man het na bewering by ‘n winkel – wat huishoudelike ware verkoop – ingeloop en die personeel met ‘n vuurwapen gedreig. Die slagoffers het in ‘n kamer agter die winkel weg gaan kruip en hulp ontbied terwyl die verdagte na bewering kontant van […]

Een persoon is na bewering dood en nog ‘n man gewond, na ‘n gewapende rooftog by die Clearwater Estate in Witbank, Mpumalanga. Die voorval het gister gebeur nadat die slagoffers glo ‘n groot hoeveelheid geld van die bank onttrek het. Daar word vermoed dat hulle van die bank af gevolg is deur vier gewapende mans […]

Ongeveer R10 miljoen is gisteroggend gebuit nadat ‘n Fidelity-geldwa tydens ‘n kontant-in-transito aanval beroof is. Twee geldvoertuie was op pad om pensioengeld naby Pienaar te gaan uitbetaal toe hulle in ‘n lokval gery het. Die polisie het bevestig dat ‘n wit Toyota-bakkie agter die geldwa inbeweeg het, en ‘n wit BMW van vooraf verskyn het. […]

‘n Man is met ‘n mes gesteek tydens ‘n gewapende rooftog by Jock of the Bushveld Chalets net buite Barberton. Die voorval het kort voor middernag Vrydagnag plaasgevind. Louis en Thea Rautenbach se seun het glo op die aanval op sy ouers afgekom, en hy is deur een van die aanvallers in die gesig met […]

Twee verdagtes is Saterdagnag in hegtenis geneem in verband met die aanval op Hazyview-inwoners, Pieter en Tessa Els. Die Els-paartjie is die vorige aand op hulle kleinhoewe naby die dorp oorval en aangerand. Ses verdagtes het met die slagoffers se Toyota-bakkie, sowel as al hulle elektroniese goedere, gevlug. In ‘n samewerkingspoging tussen plaaslike misdaadbevegters, is […]

Debonairs Pizza in Nelspruit is gisteraand deur twee gewapende mans beroof. Die voorval het ongeveer sewe uur plaasgevind toe die twee verdagtes die winkel binnegegaan het, en aangedring het op die kluis se sleutel. Die personeel het nie toegang tot die kluissleutels nie, waarna die rowers met al die kontant van die dag se verkope, […]

0 0

April 3, 2018

Een van die Britse toeriste wat gedurende die Paasnaweek in Mpumalanga beroof is deur ‘n groep verdagtes, is internasionale model en televisiester, Katie Price. Price en haar gesin was in ‘n konvooi op pad vanaf Johannesburg na Swaziland toe hulle naby Chrissiesmeer oorval is. Haar twee kinders, Princess en Junior, was ook saam met haar. […]

Nog geen arrestasies is gemaak in verband met die kontant-in-transito rooftog wat kort na 05:00 vanoggend, buite Nelspruit plaasgevind het. Een verdagte, wat ‘n polisie koeëlvaste baadjie gedra het, is op die toneel doodgeskiet. ‘n Tweede verdagte is in die bene gewond en word in die Nelspruit Mediclinic behandel. ‘n Verbygaande motoris is tydens die […]


Current track

Title

Artist

Background