dwelms

Twee verdagtes het voor die Lydenburgse streekshof verskyn, vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere en die hantering van onwettige dwelms. Dit volg nadat die polisie verlede week ‘n “veiliger feesseisoen-operasie” gedoen het. Die polisie het ‘n wenk oor die beskuldigdes opgevolg, waarna die inhegtenisnemings gemaak is. Dwelms, met ‘n beraamde straatwaarde van ongeveer veertigduisend […]

‘n Egpaar van Mpumalanga is op die Droefheidplaas in hegtenis geneem vir die bestuur van ‘n dagga-laboratorium. Die Valke, in samewerking met die Secunda dwelmeenheid, Misdaad Intelligensie en honde-eenheid het op sowat 20 kilogram gekompakteerde dagga beslag gelê. Daar is ook beslag gelê op ongeveer honderd en 12 daggaplante ter waarde van meer as vierhonderd […]

Dwelms met ‘n straatwaarde van ongeveer 3,3 miljoen rand is onder die enjinkap van ‘n sedan voertuig ontdek. Die bestuurder van die voertuig was op pad uit Mosambiek na Mpumalanga. Mtsholi Bhembe, polisiewoordvoerder, het gesê die dwelms is tydens ‘n gesamentlike operasie deur die polisie, die verkeersdepartement, die departement van binnelandse sake se persoonlike amptenare […]

‘n Besoeker aan die maksimum gevangenis deel van die Barberton tronk, is op heterdaad betrap waar hy dwelms probeer insmokkel het. Die voorval het plaasgevind op ‘n familiedag, waartydens gevangenes toegelaat word om ‘n volle dag saam met hul familielede te spandeer. Die besoeker, Desmond Dlamini, is in hegtenis geneem nadat verskeie poeieragtige stowwe wat […]

Die woordvoerder van die Mosambiekse polisie, Inacio Dina, het gister beweer dat die owerhede ‘n dwelm-verslag wat die naweek gepubliseer is, ontleed. Die verslag beweer dat heroïne Mosambiek se tweede belangrikste uitvoerproduk is. Die verslag is gepubliseer deur die Departement van Internasionale Ontwikkeling van die Londense Skool vir Ekonomiese en Politieke Wetenskap.

Drie verdagtes is in Barberton in hegtenis geneem nadat die Witrivier honde-eenheid en Cross Border Integrity 51 kilogram herione in hulle besit gevind het. Volgens ‘n bron is inligting opgevolg waarna drie voertuie vanaf Malalane na Barberton gevolg en tot stilstand gebring is op die R40 naby die Badplaas-afdraai. Die straatwaarde van die dwelms is […]

Lede van die Kaapmuiden Witrivier se honde-eenheid het gister 33,5 kilogram heroïne onder die bak van ‘n Toyota-bakkie gevind. Die bak was oopgesny waarna die sakke dwelms onder dit weggesteek was. Die vonds is gemaak tydens ‘n stop-en-soek-operasie naby die Nkomazi-tolplek. Die waarde van die heroine is sowat R45 miljoen. Twee mans van 29 en […]


Current track

Title

Artist

Background