100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Drie vermeende dwelmhandelaars in Lydenburg-hof

Written by on April 25, 2024

Drie verdagtes verskyn vandag in die Lydenburg-landdroshof vir die vervaardiging van, en handel in, dwelms.

Volgens die Valke in Mpumalanga is die twee Nigeriese mans en ‘n Suid-Afrikaanse vrou tydens ‘n klopjag op ‘n huis gearresteer.

Die heroïen, kokaïen en metamfetamien, ook bekend as “crystal meth”, wat gekonfiskeer is, het ‘n geraamde straatwaarde van R14,131.

Sien ook: Amper R5m dagga by Oshoek onderskep


×