100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Amper R5m dagga by Oshoek onderskep

Written by on April 23, 2024

Die polisie het ‘n groot deurbraak gemaak deur gister twee verdagtes te arresteer wat na bewering meer as R4,7 miljoen se dagga by die Oshoek-grenspos die land probeer insmokkel het.

Beamptes was besig met roetine-patrolliewerk naby die Redhill-afrit toe hulle ‘n Toyota Hilux, gemerk met ‘n koeriermaatskappy-logo, opmerk en stop.

Meer as ‘n ton dagga is agterop die bakkie ontdek.

Volgens die polisie in Mpumalanga het Oupa Mohape en Siyabonga Sine dieselfde dag nog in die Elukwatini-landdroshof verskyn.

Die saak is tot 29 April uitgestel.

Sien ook: Heroïenkrisis: Hoe groot is dit werklik?


×