100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Renosterstroper moet 34 jaar sit

Written by on November 21, 2022

‘n Renosterstroper is Vrydag tot ‘n totaal van 52 jaar tronkstraf gevonnis in die Skukuza-hof. Sipho Titus Khoza (34) sal effektief 34 jaar daarvan uitdien.
Volgens die polisie is hy in 2016 twee keer in die Stolznek-area van die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) aangekeer.

Polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, sê hy is in September 2016 saam met Simon Khoza gearresteer na veldwagters hul spore gevolg het en helikopters ingespan is.

Hulle was na bewering in besit van twee renosterhorings, ‘n jaggeweer, ammunisie en ander stropingstoerusting.
Nadat borgtog aan hulle toegestaan is, het Simon Khoza nooit teruggekeer hof toe nie. Hy word steeds deur die owerhede gesoek.
In Desember 2016 het veldwagters op patrollie skote gehoor en Sipho Titus Khoza saam met Francisco Mlambo en Sam Lejane in besit van onder meer ‘n jaggeweer, knaldemper en drie renosterhorings betrap, aldus Mohlala.
Mlambo is ook soek sedert hy op borgtog vrygelaat is. Sam Lejane is egter intussen op ‘n onverwante saak in Barberton aangekeer en sal eersdaags verhoor word.
Die woordvoerder van die Krugerwildtuin, Ike Phaahla, het die vonnis verwelkom.

Die waarnemende uitvoerende bestuurder van die NKW, dr. Danny Govender, sê dit is ‘n groot oorwinning vir toegewyde veldwagters.
“Hulle is die eerste skakel in die ketting van geregtigheid. Ons is bly ons howe stuur so ‘n sterk boodskap aan vermeende misdadigers.”
Lees ook: Renosterstroper moet 17 jaar sit


×