100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Foto’s: Storm rig groot skade aan in Hazyview

Written by on November 21, 2022

Swaar reën en sterk winde het Vrydag skade aan sowat 50 huise, twee skole, ‘n kliniek en die kragnetwerk in Hazyview aangerig.
Volgens die Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit werk hulle saam met Mbombela en die provinsiale departement van samewerkende regering om die skade te bepaal en hulp te verleen.

Vrywilligers van die Rooikruis help ook met hulpverlening.
Rampbestuurspanne is op ‘n hoë gereedheid geplaas.
Die LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, het vanoggend die Sandrivier-kliniek besoek.

Die burgemeester van Ehlanzeni, Jesta Sidell, het mense gemaan om vloedgebiede te ontruim, aangesien nog reën vir ten minste tot en met Desember voorspel word.
Mense is ook aangeraai om nie enige paaie of brûe oor te steek wanneer dit onder water is nie.

Foto’s: Herman du Plessis


×