100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Taxi-ongeluk op R40 eis vier*

Written by on August 31, 2023

Vier* mense is vanoggend dood in ‘n taxi-ongeluk op die R40 in Riverside, Nelspruit.

Twee taxi’s het gebots en omgeslaan.

Volgens die Mpumalanga departement van gemeenskapsveiligheid was al die slagoffers passasiers.

Twee is op die toneel dood en twee by die hospitaal.

Verskeie insittendes is ook beseer.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Die woordvoerder van die departement, Moeti Mmusi, sê roekelose en nalatige bestuur kan nie uitgesluit word nie.

Sien ook: P166-verbypad goedgekeur

*Hierdie berig is opgedateer met die jongste inligting.


×