100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

P166 deur Witrivier goedgekeur

Written by on August 30, 2023

Die langbeplande P166-verbypad deur Witrivier is goedgekeur.

Dit sal verkeer op die R40 tussen Mbombela en Witrivier verlig deur mense ‘n direkte roete verby die dorpe te bied.

Linda Grimbeek van die Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT) sê Sanral het op die roete met die minste probleme besluit, hoewel dit deur gemeenskappe en ‘n vleiland met ‘n bedreigde vetplant loop.

Luister weer hier:

“Die konsultasieproses is afgehandel,” sê sy.
Die finale roete loop deur Phumlani/Msholozi, deur Colts Hill in Witrivier en die vleiland by Witrivier-rugbyklub tot dit aansluit by die Casterbridge-verkeersirkel.

Sien meer: P166-plan en proses

Nege paaie wat tydens oorstromings in die Laeveld beskadig is, kan ook binnekort herstel word.

Tenders wat daarvoor geadverteer is, sluit hierdie week.

Volgens die KLCBT sluit dit die pad tussen Hazyview en Sabie, die pad tussen Lydenburg en Ohrigstad en die Lydenburg-verbypad wat vragmotors om die dorp sal herlei, in.

Grimbeek sê die pad tussen Lydenburg en Rosenekal sal tot by die grens met Limpopo herstel word met fondse wat deur mynmaatskappye bewillig is. Die ander paaie moet deur die rampfonds gefinansier word – iets waarvoor daar nog op nasionale tesourie gewag word.

Luister ook: KLCBT-toekennings: Inskrywings open


×