100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Premier besoek Themba na aanvalle op personeel

Written by on April 8, 2024

Die Premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, besoek vandag Themba-hospitaal in Kabokweni buite Witrivier.

‘n Groep mense wat na bewering kontrakte met die hospitaal eis het die afgelope weke die perseel betree en personeellede glo gedreig en volgens berigte selfs aangerand.

Teen Vrydag is nuwe pasiënte weggewys en is slegs die noodsaaklikste personeel toegelaat om te werk.

Die Premier is vergesel deur onder meer die LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini.

Action SA het intussen die aanvalle op en dreigemente teen gesondheidsorgwerkers by die hospitaal veroordeel.

Die provinsiale partyleier, Thoko Mashiane, sê hulle het aan die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, geskryf om te vra dat polisie ontplooi word om personeel toe te laat om terug te keer werk toe.

Sy sê die veiligheid van mediese personeel moet regoor die provinsie geprioritiseer word.

Luister

Sien ook: Ferdie Visser 18 April weer in Mosambiek-hof


×